10/02/2023. www.stylvol.co.za.
‘n Stylvolle kantoor is georden, met ‘n perfek georganiseerde skryfbehoeftelaai, ‘n digitale laai gevul met die nuutste toestelle (almal natuurlik wit) en nie ‘n papier uit plek nie.
Die vraag is of dit enigsens moontlik is? As huis organiseerders sien ORDEN dikwels dieselfde uitdagings in werkspasies – te veel boeke, stapels ou tydskifte, drade wat gekoek is en papiere wat ooral rondlê.
Meeste van ons spandeer eindelose ure per week by ‘n lessenaar, daarom is dit nodig dat dit nie net mooi lyk nie, maar ook goed ingerig moet wees. ‘n Deurmekaar lessenaar of oorvol kantoor kan lei tot verhoogde stressvlakke, emosienele uitputting of selfs fisiese ongemak soos rugpyn en verswakte visie.
Bele in ‘n goeie kantoorstoel
Raak ontslae van jou ongemaklike stoel en koop een wat ergonies vir jou werk. Dit mag dalk na ‘n groot uitgawe lyk, maar dit is ‘n belegging in jou gesondheid.
Skaf ‘n mooi lamp aan Goeie beligting het ‘n impak op jou produktiwiteit of luim. Natuurlike lig is ideal, maar indien daar nie ‘n venster naby is nie, skaf ‘n mooi lamp aan. ‘n Lamp, kuns teen die muur, ‘n mooi mat en ‘n plant kan ‘n vaal spasie sommer vinnig omtower.
Hier is vyf wenke vir 'n geoganiseerde spasie
Wenk #1 - Gooi weg!
Raak ontslae van ou toestelle en laaiers, ou tydskrifte, koerante, strokies en papier.t.
Wenk #2 - Kry is sisteem in plek.
Organisering gaan alles oor ‘n sisteem. As jy dokumente moet liaseer kies een kleur leêrs – dit skep eenvormigheid. “File organisers” is ’n ‘budget’ vriendelike manier om hang leêrs te stoor.
"Include quotes by experts in your post to add credibility." – SEO specialist
Wenk #3 - Kalmeer die “clutter” of warboel
Hoewel ons in ‘n digitale era leef, is ons mal oor ‘n goed ingerigde skryfbehoeftelaai. Stoor onooglike papiere in ‘n houer met ‘n deksel. Merk dit ook met ‘n mooi etiket. Stal jou mooi goed uit en steek dit wat onooglik is weg in houers en laaie.
Wenk #4 - Hoe gemaak met al die drade?
Drade is ongelukkig ‘n oogseer. Soms is dit nodig om alle toerusting te ontkoppel, die hele spul te ontkoek en dan weer van vooraf in te prop. Maak net seker jy weet waar om dit weer in te prop! ’n Koordlose digitale stasie help om drade te verminder en jou toestelle altyd gelaai te hou.
Wenk #5 - Die digitale laai
Ons hou ook van digitale laaitjies waarin laaiers, oorfone en batterye in gestoor kan word. Deursigtige houers in verskillende groottes wat bo op mekaar kan stapel [soos THE HOME EDIT ALL-PURPOSE DRAWER LARGE DEEP van @home] werk nie net vir skryfbehoeftes nie, maar ook om elektronies toestelle en koorde in te organiseer.
Oulike produkte om jou kantoor georganiseerd te hou
Lees die volle artikel by www.stylvol.co.za.
Kommentare